Welkom by Gerefomeerde Kerk Agulhas
Te Bredasdorp
Eredienste: Sondae 10:00
Fisiese Adres: 9 Plantasie St, Bredasdorp, 7280
Die Gereformeerde Kerk Agulhas bestaan tans uit 5 wyke.
Lidmate woon in Bredasdorp, Napier, Struisbaai, L’Agulhas, Swellendam en Riviersonderend.
Bybelstudiegroep in Bredasdorp wat elke Woensdagaand 6 nm bymekaar kom.
Geskiedenis
Op 15 Oktober 2006 het die Gereformeerde Kerk Agulhas ‘n selfstandige gemeente geword. Gereformeerde lidmate in die Overberg is vroeer deur die Gereformeerde kerk Worcester bedien en vanaf 1979 deur die Gereformeerde kerk Strand. Dit was toe bekend as die ‘Bredasdorp wyke’. Teen 1988 was daar 6 dienste per jaar deur Strand se predikant, om die beurt in Bredasdorp en Napier gehou. Nagmaal is steeds in die Strand gehou.
Dienste is aanvanklik in die CAD-saaltjie – ‘n deel van die NG Kerksaal – gehou, maar teen 1994 het die lidmatetal so uitgebrei dat die saaltjie te klein geword het. Lidmate het teen daardie tyd al begin dink aan ‘n eie kerkgebou en die grond in Plantasiestraat is aangekoop. Spoedig is met die bouwerk begin en met groot entoesiasme en samewerking, asook ondersteuning van ander kerke se lidmate, is die bouwerk voltooi. Die gemeente het ‘n skenking van banke, preekstoel, orrel en klok, deur die Gereformeerde Kerk Hofmeyr ontvang nadat daardie gemeente ontbind het. So kon die hele kerkgebou met toerusting voltooi word.
Met groot vreugde en dankbaarheid teenoor God is die kerkgebou op 13 Oktober 1996 amptelik in gebruik geneem. Deur die genade van die Here het die getal lidmate ook stelselmatig gegroei, in so ‘n mate dat die werkslading te swaar geword het vir Strand se predikant. So het dit gebeur dat daardie kerkraad druk op die Agulhas wyke begin plaas het om self reelings te tref vir kerklike – en pastorale bediening. Dit het die nodige aansporing gegee om selfstandingwording te oorweeg. In September 2006 het Klassis Boland die versoek vir afstigting goedgekeur en op 15 Oktober 2006 het die formele afstigtingseremonie plaasgevind.
Tans word die gemeente bedien deur besoekende predikante wat hier wil kom vakansie hou. Daar word ook baie suksesvol gebruik gemaak van opgeneemde preke dmv Whatsapp versprei word.
Funksionarisse
Konsulent: Predikant, ds. Johan Heyningen
Skriba en Attes-skriba: Johan Stander
Kassier: Henk Badenhorst
Koster: Christelle Venter
Orreliste: Marthie Strydom en Louisa Schalekamp
Kontakte:
Johan Stander: 082 925 9341



Kerkverhuring
Huur kerk of saal vir jou volgende funksie
Bekoorlike Kerkie in Bredasdorp te Huur
Hierdie charmante kerkgebou is ideaal vir troues, begrafnisse of spesiale geleenthede en kan gemaklik tot 60 mense akkommodeer.
- Pragtige tuin, perfek vir fotosessies
- Ruim parkeergeleentheid
- Ouderwetse elektriese orrel
- Oorhoofse projektor vir die vertoon van foto’s of liedere
Latest Posts
Display your most recent blog articles
Lorem ipsum amet elit morbi dolor tortor. Vivamus eget mollis nostra ullam corper. Pharetra torquent auctor metus felis nibh velit. Natoque tellus semper taciti nostra. Semper pharetra montes habitant congue integer nisi. Integer primis vivamus aptent nullam nostra auctor.
Receive our latest articles & case studies
Replace this mock form with your own form block